Skeer

'n Skeer in vlak seewater net voor die eiland Krøttøy in Noord-Noorweë.
'n Lugfoto van 'n skeermeer in Naantali, Finland.
'n Skeerkus in Suid-Noorweë.

Die term skeer verwys na 'n meestal klein, onbewoonde rotseiland wat gedurende die Ystydperke in bepaalde gebiede van die Noordelike Halfrond, veral Skandinawië, Skotland, Kanada en die Verenigde State gevorm is toe yslae vanuit die binneland uitgebrei en rotsmassas langs die kusgebiede oorstroom en afgeslyp het. Sodoende het skere hul kenmerkende, afgeronde vorm gekry.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search